8 Gastekamers vir 2 persone, met en-suite
(slegs stort).
Elke kamer het sy eie ingang van buite af.  Linne en handdoeke word voorsien.
Rheboksfontein Gasteplaas is geleë 7 km buite Klerksdorp op 'n plaas.  Die en-suite gastekamers is geleë aan die voet van 'n skilderagtige bergie, wat met gemak vir ontspanning uitgeklim kan word.  U sal beloon word met 'n rustige en asemrowende omgewing.  Die gasteplaas is 'n aantreklike keuse vir die besigheidspersoon, wegbreek paartjies, ouers wat skooltoernooie bywoon, asook vir familie en vriende wat pasiënte in hospitale besoek.  Dit bied netjiese kamers met 2 enkelbeddens of een koningingrootte bed.  Groot groepe van tot 250 persone word met gemak geakkomodeer, wat spyseniering insluit. 
Op bespreking word heerlike ontbyt en aandetes in die eetsaal bedien. 
Daar is ook braaigeriewe.
Wasgoeddienste is ook teen addisionele kostes beskikbaar. 
Daar is 38 kamers vir 4-6 persone wat gebruik maak van netjiese ablusieblokke.  Ideaal vir vrouekampe, mannekampe, jeugkampe, skoolkampe, ens.  Linne en handdoeke word verskaf teen 'n addisionele tarief.
9km vanaf die N12
18km vanaf Tusk Rio Casino
3km vanaf Faan Meintjies Wildsplaas
Naby hospitale, skole, spa's en inkopiesentrums
'n Pragtige kerkie en 'n groot saal is ook beskikbaar.
Skilderagtige bergie Ablusieblokke
Andre by +27 82 327 8938   andre@rhebokgasteplaas.co.za
hester@rhebokgasteplaas.co.za
Tafels te huur vir funksies
Spyseniering gereël op aanvraag. 
Kontak Hester by +27 82 678 0533
Kontak Hester by +27 82 678 0533
hester@rhebokgasteplaas.co.za
Kontak Hester by +27 82 678 0533
hester@rhebokgasteplaas.co.za
www.rhebokgasteplaas.co.za